Main Article Content
Voorstelle vir die produksie van 'n vertaalwoordeboek vir professionele vertalers
Abstract
struktuur en ordening van 'n vertaalwoordeboek gerig op professionele vertalers behoort gevolglik dus op die spesifieke behoeftes van hierdie bepaalde gebruikersgroep gebaseer te wees. Hierdie artikel bevat algemene riglyne vir die hantering van altwee die buitetekste en die sentrale lys van 'n vertaalwoordeboek gerig op die behoeftes van beroepsvertalers wat hoofsaaklik uit Engels (T2) in Afrikaans (T1) vertaal. 'n Moontlike formaat vir die mikrostruktuur van so 'n woordeboek (Engels > Afrikaans) word gegee en die moontlike leksikografiese bewerking van 'n aantal voorbeeldlemmas word in besonderhede bespreek. Die moontlikheid van formatiewe evaluering met behulp
van die beginsel van gelyktydige terugvoer word kortliks aangeraak.
Sleutelwoorde: WOORDEBOEKPRODUKSIE, VERTAALWOORDEBOEK, WOORDEBOEKINSKRYWINGS,
WOORDEBOEKFUNKSIES, LEKSIKOGRAFIESE ETIKETTE, GELYKTYDIGE TERUGVOER, WOORDEBOEKKORPUS, MAKROSTRUKTUUR, MIKROSTRUKTUUR