Main Article Content
Special Field and Subject Field Lexicography Contributing to Lexicography Spesialeveldleksikografie en vakleksikografie lewer 'n bydrae tot leksikografie.
Abstract
Restricted dictionaries are fully-fledged dictionaries and their contribution to lexicography should never be underestimated. Because restricted dictionaries often are neglected in lexicographic discussions this article emphasises the significance of their role as members of the lexicographic family. Within a comprehensive dictionary culture the focus should not only be on dictionaries dealing with languages for general purposes but also on dictionaries in which languages for special purposes are treated. This paper firstly offers some terminological clarity and distinguishes between subject field dictionaries and special field dictionaries. The user-perspective is then discussed before it is shown how aspects of a general theory of lexicography also prevail in these dictionaries. This applies among others to the subtypological classification as well as different lexicographic functions. Using a dictionary from each of the categories of subject field and special field dictionaries it is indicated how dictionary structures are employed and further developed in an innovative way. Attention is given to structures like the article structure and the frame structure and to a transtextual approach in monolingual dictionaries with a bilingual dimension. The focus in the discussion of the subject field dictionary is on different aspects of the macrostructure. An explanation is given of double-layered sublemmata and it is shown how integrated macrostructures are employed in this dictionary. It is indicated how this section of the lexicographic practice can enrich the field of metalexicography and dictionary research.
Beperkteveldwoordeboeke is volwaardige woordeboeke en hulle bydrae tot die leksikografie mag nie onderskat word nie. Aangesien beperkteveldwoordeboeke dikwels in leksikografiese gesprekke afgeskeep word, beklemtoon hierdie artikel die belang van hulle rol as lede van die woordeboekfamilie. In 'n omvattende woordeboekkultuur moet die fokus nie net op woordeboeke vir taal vir algemene doeleindes wees nie, maar ook op woordeboeke waarin die taal vir spesifieke doeleindes bewerk word. Dié artikel bied eerstens 'n terminologiese vereenduidiging en onderskei tussen vakwoordeboeke en spesialeveldwoordeboeke. Daarna word die gebruikers-perspektief bespreek voordat daar aangetoon word hoe aspekte van die algemene leksikografie ook in hierdie woordeboeke ter sake is. Dit geld onder meer aspekte van die subtipologiese verde-ling asook verskillende leksikografiese funksies. Aan die hand van 'n lid van elk van die kategorieë van vak- en spesialeveldwoordeboeke word daar gewys hoe veral woordeboekstrukture op 'n innoverende manier in hierdie woordeboeke benut en aangepas word. Aandag word onder meer gegee aan die artikelstruktuur en die raamstruktuur asook 'n transtekstuele benadering in eentalige woordeboeke met 'n tweetalige dimensie. Die fokus in die bespreking van die vakwoordeboek is veral op verskillende aspekte van die makrostruktuur. 'n Beskrywing word gebied van dubbelvlak-kige sublemmata. Daar word ook gewys hoe geïntegreerde makrostrukture in die betrokke woor-deboek gebruik word. Daar word aangedui hoe vanuit hierdie afdeling van die leksikografie-praktyk die terrein van die metaleksikografie en woordeboeknavorsing verruim kan word.