Main Article Content
Integrating Terminological Resources in Dictionary Portals: The Case of the Diccionarios Valladolid-UVa Die integrasie van terminologiese hulpbronne in woorde-boekportale: Die geval van die Diccionarios Valladolid-UVa
Abstract
In hierdie artikel word die konvergensie van terminologie en leksikografie bepleit, en hierdie siening word geïllus-treer deur sommige van die stappe vir die inkorporering van terminologiese hulpbronne en idees in 'n aanlyn woordeboekportaal wat by die Universiteit van Vallodolid (Spanje) saamgestel word, voor te lê. Hierdie woordeboekportaal bevat verskeie woordeboektipes, is deur dieselfde span ont-werp en word vanuit dieselfde teoretiese perspektief saamgestel, ongeag of sommige van die leksi-kale items wat ingesluit word as "leksikografies" beskou word, m.a.w. verwant aan <i>algemene taaluit-drukkings</i>, of as "terminologies", m.a.w. verwant aan <i>terme</i>. Benewens die hantering van sekere basiese woordeboekportaalbeginsels, beskryf die artikel ook 'n ad-hoc-tipologie van <i>definisies</i> wat hoofsaaklik om twee redes geskep is. Eerstens vergemaklik dit die samestellingsproses en maak dit ook eenvormiger en makliker om te sistematiseer. Sodoende word die pogings van verskillende mense op verskillende plekke en tye gefasiliteer. Tweedens sal hierdie definisies as bron dien vir die Spaans–Engelse <i>Write Assistant</i>, 'n kommersieelgedrewe taalhulpmiddel wat gebruik maak van 'n taalmodule wat op statistiek berus en wat Kunsmatige Intelligensie (KI)-tegnologie, bv. masjien-leer en neurale netwerke, inspan vir die skep van patrone. Ons het bevind dat presiese definisies, soortgelyk aan terminologiese (m.a.w. ensiklopediese) definisies, vir die meeste lemmas die funk-sies van die hulpmiddels uitbrei. Sulke definisies bied 'n heeltemal ander blik op bestaande eenta-lig Spaanse en tweetalig Spaans–Engelse woordeboeke.