Main Article Content

Selecting an Initial Lemma List in Specialized Lexicography: A Case Study in the Field of Graphic Engineering Die selektering van 'n aanvanklike lemmalys in gespesiali-seerde leksikografie: 'n Gevallestudie in die veld van die grafiese ingenieurs-wese


M.A. Esandi-Baztan
Pedro A. Fuertes-Olivera

Abstract

Specialized lexicography in graphic engineering has never had a tool in dictionary format that facilitates knowledge acquisition for students and meets their specific lexicographic needs in a technical university context. This paper presents an initial lemma list for a Spanish dictionary in the field of graphic engineering. The Delphi method has been used to assure expert consensus in this area. In addition, two equally professional surveys have been conducted by an expert and endorsed by experts. The fundamental concepts are considered, either because of the difficulty they represent, or due to their importance within our field of knowledge for which engineering documents and technical standards with technical graphic elements have been employed. Students have taken part in the process, thereby allowing identification of convergences and divergences between both groups of participants. The paper concludes with, on the one hand, a final list of accepted concepts and, on the other, of additional uncertain concepts, which could satisfy dictionary user needs and constitute the beginning of a functional online dictionary.


Gespesialiseerde leksikografie in die grafiese ingenieurswese het nog nooit oor 'n hulpmid-del in woordeboekformaat wat kennisverwerwing vir studente vergemaklik asook hul spesifieke leksikografiese behoeftes binne 'n tegniese konteks op universiteitsvlak bevredig, beskik nie. Hier-die artikel bied 'n aanvanklike lemmalys vir 'n Spaanse woordeboek in die veld van die grafiese ingenieurswese aan. Die Delphi-metode is gebruik om gesaghebbende konsensus in hierdie area te verseker. Daarbenewens is twee gelykstaande professionele opnames deur 'n kundige uitgevoer en deur kundiges bekragtig. Die fundamentele konsepte is oorweeg, óf weens die uitdagings wat hulle verteenwoordig, óf weens hul belangrikheid binne ons kennisveld waarvoor ingenieursdoku-mente en tegniese standaarde met tegniese grafiese elemente aangewend is. Studente het aan die proses deelgeneem om sodoende ooreenkomste en verskille tussen beide groepe deelnemers in aanmerking te neem. Hierdie artikel sluit enersyds af met 'n finale lys aanvaarde konsepte en andersyds met 'n lys addisionele vae konsepte wat woordeboekgebruikers se behoeftes sou kon bevredig en die ontstaan van 'n funksionele aanlyn woordeboek sou kon vorm.


Journal Identifiers


eISSN: 2224-0039
print ISSN: 1684-4904