Main Article Content
Lexicographical Contextualization and Personalization: A New Perspective Leksikografiese kontekstualisering en verpersoonliking: 'n Nuwe perspektief
Abstract
Kontekstualisering, dit is om oplossings vir gebruikers se inligtingsbehoef-tes te verskaf presies in die situasie en konteks waar die behoefte ontstaan, het 'n belangrike rol gespeel in die werk van die Griekse skribas wat glosse in die manuskripte van kopieë van Homeros en ander vroeë skrywers gevoeg het om onbekende en ongewone woorde te verduidelik. Na die ont-wikkeling van die glossarium het 'n kloof binne leksikografie ontstaan. Enersyds was daar die same-stelling van glossaria en woordeboeke van 'n nog meer gesofistikeerde aard. Andersyds was daar die tradisionele invoeging van glosse in ouer manuskripte. Alhoewel die koms van woordeboeke die gebruik van kontekstualisering verminder het, is dié werkswyse steeds in sommige publikasies gebruik. Hierdie artikel bespreek die voorkoms van kontekstualisering en verpersoonliking in ver-skillende eras en omgewings en daar word aangetoon hoe hierdie werkswyses 'n leksikografiese aard in sommige buite-woordeboekomgewings ingelui het. Die belang van kontekstualisering en verpersoonliking in die moderne leksikografie word benadruk. Leksikograwe het dikwels onver-vulde drome gehad van nuwe moontlikhede in die digitale omgewing. Die tekort aan toereikende teg-nologie het hulle drome in daardie stadium 'n onmoontlikheid gemaak. Vandag bied nuwe tegnologie en samewerking tussen leksikografie en inligtingswetenskap talle uitdagings wat leksikograwe kan oorkom. Dit word aangetoon hoe leksikografiese produkte in inligtingswerktuie geïntegreer word en geleidelik word die kloof wat reeds meer as tweeduisend jaar in die Europese leksikografie bestaan, oorbrug deur 'n hereniging van kontekstualisering en verpersoonliking. Leksikograwe, die moderne skribas, moet poog om die oënskynlik onmoontlike moontlik te maak.