Main Article Content

Theoretical and Practical Reflections on Specialized Lexicography in African Languages Teoretiese en praktiese gedagtes oor die gespesialiseerde lek-sikografie in Afrikatale


Dion Nkomo

Abstract

In this article, reflections are made on some specialized lexicographical/terminographical resources being produced in African languages. The resources are produced in order to contribute towards the intellectualization of those languages for expanded functional usage. The article focuses on lemma selection, provision of data/information for included lemmata and structural aspects of the surveyed resources. With regard to the first area of focus, the article identifies the lack of a systematic approach to lemma selection, which undermines the potential of the resources as communicative and cognitive tools in specialized subject fields and disciplines. Secondly, regarding the provision of data categories, instances of insufficient information and cases of inclusion of irrelevant information are identified, both of which have implications for the functional value of the resources within specialized domains. Finally, reflections on aspects of dictionary structure indicate sub-standard structural designs which affect the user-friendliness of the resources, but some innovative structural designs are also identified. Overall, the article argues for a stronger lexicographic orientation in terms of the theoretical underpinnings guiding the production of specialized lexicographical/terminographical resources in African languages.
 
In hierdie artikel word gedagtes oor sommige gespesialiseerde leksi-kografiese/terminografiese hulpbronne wat in Afrikatale saamgestel word, weergegee. Dié hulpbronne word geskep om 'n bydrae te lewer tot die intellektualisering van hierdie tale vir uitgebreide funk-sionele gebruik. Daar word gefokus op lemmaseleksie, op die verskaffing van data/inligting vir die lemmas wat ingesluit is en op strukturele aspekte van die hulpbronne wat ondersoek is. In die artikel word daar met betrekking tot die eerste fokusarea 'n gebrek aan 'n sistematiese benadering tot lemmaseleksie geïdentifiseer wat die moontlikhede van die hulpbronne as kommunikatiewe en kognitiewe hulpmiddels in gespesialiseerde onderwerpsvelde en dissiplines beperk. Tweedens word, met verwysing na die aanduiding van datakategorieë, gevalle van onvoldoende inligting en gevalle van insluiting van irrelevante inligting geïdentifiseer wat albei implikasies vir die funksio-nele waarde van die hulpbronne binne gespesialiseerde domeine inhou. Laastens dui gedagtes oor aspekte van woordeboekstruktuur op substandaard strukturele ontwerpe wat die gebruikersvrien-delikheid van die hulpbronne beïnvloed, maar sommige innoverende strukturele ontwerpe word ook geïdentifiseer. In die geheel beskou, word in hierdie artikel gepleit vir 'n strenger leksikogra-fiese orientëring in terme van die teoretiese basis wat die skep van gespesialiseerde leksikografiese/ terminografiese hulpbronne in Afrikatale rig.

Journal Identifiers


eISSN: 2224-0039
print ISSN: 1684-4904