Main Article Content
Use of Hedges in Definitions: Out of Necessity or Theory-Driven? Die gebruik van vaaghede in definisies: Noodsaaklik of teoriegedrewe?
Abstract
Taal beskik oor 'n lys woorde en uitdrukkings (bv. veral, 'n soort, oor die algemeen) wat gebruik word om aan te dui dat wat gesê word nie heeltemal akkuraat of volledig is nie.
Hierdie terme, wat vaaghede genoem word, verleen steun aan die voorstelling van prototipies georganiseerde kategorieë wat in die 1970's deur Eleanor Rosch ontwikkel is en deur haar volgelinge in daaropvolgende dekades verfyn is. Aangesien vaaghede uiters nuttig vir leksikograwe is
tydens definiëring, is die frekwensie en verspreiding daarvan in die belangrikste Engelse woordeboeke van die afgelope eeue in hierdie artikel ondersoek. Een van die bevindings van hierdie navorsing is dat, alhoewel vaaghede sedert Johnson-1785 in Engelse leksikografie gebruik is, hul
gebruik in sekere woordeboeke toegeneem het sedert die opkoms van die prototipeteorie, wat daarop dui dat onlangse defineerpraktyk(e) in hierdie woordeboeke deur dié teorie beïnvloed moes gewees het. Ander faktore wat die gebruik van vaaghede bepaal, is ook verken.