Main Article Content
Platero en ek
Abstract
Platero and ek deur Juan Ramón Jiménez, die 1956-wenner van die Nobelprys vir letterkunde, word gewoonlik gesien as ’n boek vir kinders. Dit word in elk geval as sodanig in die boekhandel bemark. In hierdie stel vignette wat deur die figuur van die donkie Platero byeen gehou word, is daar egter heelwat wat vir ’n fyngevoelige kind moeilik sal wees om te verdra, en verder ook heelwat wat buite die belangstellingsveld van kinders val. Om hierdie rede beskou ek Platero en ek eerder as die indrukke van ’n dorpslewe, en wel van Jiménez se tuisdorp Moguer in Andalusië, soos gesien deur die oë van ’n volwassene wat ’n baie sensitiewe digter is en daarom
nie voeling verloor het met die intensiteit van ’n kind se ervarings nie – indrukke wat op delikate en beheersde wyse weergegee word soos wat gepas is wanneer daar aan die sy, en as metgeselle op die daaglikse rondtes, ’n gehoor saamloop met ’n ongerepte blik en die ontvanklike siel van kinders.