Main Article Content
Die Afrikaanse diftong /E+/: ‘n Eksperimentele ondersoek
Abstract
Die aard van die diftong /E+/ (ortografies weergegee met ‘ei'/‘y'; in IPA-simboolstelsel getranskribeer as /ci/; in SAMPA2 /@i/) is in hierdie eksperiment akoesties ondersoek. Die nulhipotese ‘Onderliggende diftonge word slegs diftongies gerealiseer' is gestel, en aan die spraak van agt vroulike sprekers geverifieer. Hierdie hipotese gee die huidige siening in die wetenskaplike literatuur weer dat egte diftonge foneme is wat uit twee bestaande klanke bestaan. Hierdie aanname word op grond van waarneming bevraagteken. Tweedens, is die tradisionele transkripsie /ci/ of /@i/ ook getoets. Die volgende spektrale parameters wat relevant is vir vokaalanalises is geanaliseer en gemeet: die eerste twee formante, die begin en einde van hierdie formante, die persentasie verglyding daarvan, en die gradiënt van die sentrale 50% van die betrokke segment (ook standaardafwykings van genoemde). Op grond van die begin- en eindwaardes van die eerste twee formante is die persentasie verglyding (%V) van die twee formante bepaal. Die duur van die betrokke elemente (vokaal of diftong) is ook gemeet. Dit blyk uit die resultate dat die opvatting foutief is dat die Afrikaanse diftong /E+/3 altyd as tweeklank gerealiseer word; dit word in byna die helfte van alle gevalle gemonoftongeer. Bowendien is bevind dat die transkripsie [@i] ook nie 'n juiste weergawe van die diftong /E+/ is. Dit moet eerder as [{E] getranskribeer word.
Southern African Linguistics and Applied Language Studies 2005, 23(3): 319–334