Main Article Content
Handelsname: 'n vorm van leksikale vernuwing teen die agtergrond van globalisering
Abstract
Die fokus in die artikel is nomenklatuur, meer spesifiek naamgewingspraktyk in die besigheidswêreld. Dit sluit besigheidsname en handelsname in; laasgenoemde kan ook soms 'n besigheidsnaam wees. Die term ‘nomenklatuur' dateer uit die Romeinse tye toe die slaaf wat sy meester/eienaar vergesel het om vir hom die name voor te sê van diegene wat hul langs die pad ontmoet het, 'n ‘nomenklator' genoem is. Die artikel het ten doel om te onderskei tussen die manier waarop handelsname in vergelyking met woorde in die linguistiese leksikon in Afrikaans en Engels gevorm word; die vereistes vir effektiewe handelsnaamvorming vanuit 'n bemarkingsperspektief in die geglobaliseerde wêreld te stel; die verskille tussen handelsname as deel van die mentale leksikon en woorde in die linguistiese leksikon uit te wys; die tipe nomenklatuur te kategoriseer in terme van hul morfologiese aard Die bestudeerde literatuur het aangedui dat 'n goeie handelsnaam/besigheidsnaam in die 21ste eeu vanuit 'n bemarkingsoogpunt streef na balans tussen kreatiwiteit, woordekonomie en semantiese deursigtigheid; die impak van globalisering moet verreken; uniek moet wees en nie naboots nie (not a ‘copycat'); die beeld van die bepaalde produk/besigheid/diens moet onderskryf en moet beskik oor visuele identiteit dit is sowel die naam as logo. Op basis van die analise wat dit moontlik maak om nomenklatuur te kategoriseer in terme van hul morfologiese aard, kan die volgende talige vereistes geïdentifiseer word vir handelsname in die 21ste eeu. Ideale handelsname is nie taalspesifiek nie, maar steun swaar op leksikologiese universalia; is deel van die mentale leksikon van die taalgebruiker; neem deel aan die grammatikaliseringsprosesse (die proses van morfeemtoevoeging); inkorporeer generiese verwysing superordinaatstatus moontlik maak in die mentale en nie die linguistiese leksikon nie (verkry 'n ‘algemene' betekenis asof dit die enigste handelsnaam in die produkkategorie is) en dit bevat 'n kwalifiserende adjektief wat 'n naamwoord produkklas/kategorie) kwalifiseer. Die data-analise en spesifiek die morfologiese analise van nomenklatuur het aangetoon dat kennis van al die basislinguistiekdissiplines en die wêreldkennis van die taalgebruiker verreken moet word by die interpretasie en skepping van handelsname.
Southern African Linguistics and Applied Language Studies 2005, 23(1): 39–58