Main Article Content
‘n Kognitiewe benadering tot tydsdifferensiasie in diskoers
Abstract
In hierdie artikel word aangetoon dat, teenstrydig met die tradisionele beskouing dat taal en betekenis ontleed kan word as entiteite wat in die objektiewe werklikheid bestaan, taal gesien word as die instrument waardeur betekenis gedra word — hiervolgens staan die konseptualiseerder van die werklikheid in die sentrum en is taal die refleksie van sy subjektiewe ervaring van die werklikheid. Tydsdifferensiasie in diskoers kan derhalwe nie beskryf word as ‘n verskynsel wat in die taal los van ander verskynsels staan nie — ons waarneming van tyd het ‘n subjektiewe basis wat afhanklik is van die konseptualiseerder se subjektiewe ervaring van ‘n gegewe situasie, en word as sodanig in die taal gereflekteer. Hierdie basiese uitgangspunt van die kognitiewe grammatika oor die mens se ervaring van tyd word verken en die dinkruimtebenadering word aangebied as ‘n meganisme waarvolgens tyd as ruimte herbedink word, en derhalwe as ‘n houer waarin verlede, hede en toekoms in die vorm van kognitiewe gebeurerame binne kleiner houers opgesluit lê. ‘n Mens kan denkmatig daarheen terugkeer of daarin vooruit beweeg; ‘n beweging in tyd wat deur middel van sintaktiese patrone en morfologiese merkers in taal manifesteer.
(S/ern Af Linguistics & Applied Language Stud: 2000 18(1-4): 33-43)