Main Article Content
Die motiveringsteorie en idiome met hand
Abstract
Volgens die motiveringsteorie van Lakoff is die betekenis van idiome nie noodwendig ondeursigtig nie. Metafoor, metonimie, konvensionele beelde en ensiklopediese kennis vorm motiverende skakels tussen die letterlike en figuurlike betekenisse van 'n string woorde. Die idee van radiaal gestruktureerde kategorieë is veral nuttig om die verband tussen 'n enkele woord (in hierdie geval hand) wat in 'n hele aantal idiome voorkom (daar is ongeveer 200 idiome in Afrikaaans waarin die woord hand voorkom) en die figuurlike betekenis van die idiome te verklaar. In 'n Geïdealiseerde Kognitiewe Model word 'n sentrale subkategorie (‘liggaamsdeel') aan ander subkategorieë verbind deur middel van metafore en metonimie (HAND AS BESIT, HAND AS MAG). Die onderhawige artikel illustreer hierdie proses.
(S/ern Af Linguistics & Applied Language Stud: 2000 18(1-4): 15-23)