Main Article Content
'n Kognitief-linguistiese ondersoek na tydsvergestalting in DJ Opperman se gedig Dennebol
Abstract
In hierdie artikel word aangetoon hoe tyd tekstueel en kontekstueel in 'n narratiewe teks vergestalt word deur 'n ontleding van DJ Opperman se gedig Dennebol. Hierdie ontleding geskied aan die hand van die algemene beginsels van die Kognitiewe Retoriek, soos in vorige artikels (Spruyt, 2000; 2001) uiteengesit. Daar word eerstens aangedui dat dinkruimtes gebruik word om betekenis te konstrueer deur middel van 'n storie waaruit 'n tema gekonstrueer word. Omdat dit in die tema oor ewige, tydlose waarhede gaan, word die tema in die menslike bewussyn in die teenwoordige tyd gekonstrueer. Tweedens word aangetoon dat die storie ook die chronologiese verloop van die gebeure in die vorm van tydrame vervat, vanwaar vanuit die teenwoordige tyd na ander tydrame geprojekteer word. Binne hierdie verskillende tydrame word die chronologiese verloop van 'n reeks kousale verwante gebeure in die vorm van gebeurerame aangebied.
(S/ern Af Linguistics & Applied Language Stud: 2001 19(1&2): 97-110)