Main Article Content
'n Diachroniese perspektief op die identifiserende kopulatief in Bantoe
Abstract
Identifiserende kopulatiewe strukture in Bantoe kan in drie breë kategorieë geklassifiseer word, te wete nominale kopulatiewe strukture, kopulatiewe strukture waarin onveranderlike kopulatiewe prefikse as kopulas verskyn en kopulatiewe strukture waarin kopulatiewe werkwoorde as kopulatiewe elemente funksioneer. In hierdie artikel word die diachroniese verband tussen hierdie drie tipes identifiserende kopulatiewe ondersoek. Daar word aangetoon dat nominale kopulatiewe strukture die prototipiese kopulatiewe struktuur in Bantoe verteenwoordig en dat dit as pragmatiese beginpunt gedien het waaruit ander kopulatiewe strukture ontwikkel het. Daar word verder geargumenteer dat die ontwikkeling van kopulatiewe strukture deel vorm van 'n grammatikaliseringspro-ses waarvolgens diskoersstrukture tot sintaktiese strukture herinterpreteer word, met die gepaardgaande opkoms van morfologiese markeringstrategieë.
(S/ern Af Linguistics & Applied Language Stud: 2001 19(1&2): 83-95)