Main Article Content
Enkele gedagtes oor die vertaling van idiomatiese verbindings
Abstract
Hierdie artikel sal eerstens handel oor wyses waarop met idiomatiese verbindings gehandel kan word by vertaling. Voorts sal die volgende aspekte wat in aanmerking geneem behoort te word by die vertaling van idiomatiese verbindings bekyk en geïllustreer word: kultuur- en natuurmanifestasies in idiomatiese verbindings en die hantering daarvan by vertaling, semantiese en stylekwivalensie, formaliteitsvlak, woordekonomie, die konteksversoenbaarheid, bekendheid en gebruiksfrekwensie van die idiomatiese verbinding, asook die taalvermoë van die teikengroep. Daar sal ook enkele gedagtes uitgespreek word in verband met die innovering van idiomatiese verbindings en die uitbreiding van die Afrikaanse idioomskat by vertaling. Die tale wat ter illustrasie gebruik sal word, is Afrikaans en Engels.
(S/ern Af Linguistics & Applied Language Stud: 2001 19(1&2): 67-82)