Main Article Content
Kognitiewe Raamteorie: 'n ontledingsraamwerk vir tydsbelewing in diskoers
Abstract
In hierdie artikel word 'n ontledingsraamwerk ontwikkel vir die beskrywing van tydsbelewing in diskoers aan die hand van die beginsels wat in 'n vorige artikel (Spruyt, 2000) uiteengesit is. Taal word as 'n kommunikasieraam beskryf waarbinne 'n spreker en 'n aangesprokene hulle aandag op 'n gemeenskaplike tema moet fokus sodat diskoers sonder misverstand kan plaasvind. Die diskoers tussen gespreksgenote word beskryf as 'n spektrum van taalhandelinge waarin die gespreksgenote versamelings kennis deel oor aspekte soos plek, tyd, geleentheid, die intrinsieke kenmerke van dinge en prosesse, die tipe gebeurtenis waaroor gepraat word en die semantiese kenmerke betrokke by oorsaaklikheid en intensionaliteit. Hierdie kennis word in die vorm van epistemiese rame deur die brein beskikbaar gestel as 'n taalhandelingsraam, 'n staatraam en 'n gebeureraam, wat deur middel van 'n vermengingproses as 'n taaluiting gekonstrueer word. Binne die epistemiese raamwerk word die teenwoordige tyd beskou as 'n grondliggende tydraam wat as die primêre belewingsruim dien waarvandaan die mens 'n kognitiewe vertrekpunt vorm vir projeksie na die verlede of die toekoms.
(S/ern Af Linguistics & Applied Language Stud: 2001 19(1&2): 43-55)