Main Article Content
Simultane tolkdienste aan Suid-Afrikaanse provinsiale wetgewers: 'n paar gevaartekens
Abstract
Die verskaffing van suksesvolle tolkdienste in veeltalige samelewings en in hierdie geval spesifiek Suid-Afrika, is nie net afhanklik van goed opgeleide en vaardige tolke en behoorlike apparatuur nie, maar ook van die ingesteldheid, houding en ondersteuning van die gebruikers van sodanige dienste. In hierdie artikel sal daar gekyk word na algemene persepsies rakende die verskaffing van simultane tolkdienste aan regeringstrukture en spesifiek aandag gegee word aan die onderbenutting van simultane tolking in die wetgewers van die Noordelike Provinsie en Gauteng Provinsie. Daar sal geargumenteer word dat die onderbenutting verband hou met houdings jeens veeltaligheid, die status van Engels en onkundigheid rakende simultane tolking. Ten slotte word daar aandag gegee aan die behoefte na gebruikeropleiding en voorstelle word aan die hand gedoen oor moontlike wyses waarop dit kan geskied.
(S/ern Af Linguistics & Applied Language Stud: 2002 20(4): 271-281)