Main Article Content
Meat studies of indigenous Southern African cattle. II. Textural evaluation of rib cut samples from carcasses of Afrikaner, Nguni and Pedi bulls fed intensively
Abstract
Die tekstuur van ribsnitrnonsters afkomstig van intensief-gevoerde, ongewisselde Afrikaner-, Nguni- en Pedi-bulle, geslag op teikenmassas van 160,290, 340 en 390 kg, is geevalueer. Karkasse is elektries gestimuleer (500 V, 12,5 Hz) vir 2 min, en verkoel teen 4°C vir 19 h. Ribsnitte (ribbes 11, 12, 13) is 24 h na slagting verwyder. Monsters is voorberei en deur 'n proepaneel volgens 'n ongestruktureerde vyfpuntskaal vir sagtheid, sappigheid, smaaklikheid en residu geevalueer. Snyweerstandtoetse is met behulp van 'n Instron-apparaat bepaal. Persentasies kookverlies en ongebonde water is gemeet. Die Afrikaner se vleis was meer sappig en smaakvol (P < 0,10) as die Nguni. Die Pedi het nie van die Afrikaner of die Nguni verskil nie. Geen rasverskille het ten opsigte van sappigheid, kookverlies, ongebonde water of snyweerstand voorgekom nie. Massa het 'n invloed op sappigheid (P < 0,05), residu (P < 0,01) en ongebonde water (P < 0,01) gehad. Snyweerstand was hoogs gekorreleer met sagtheid (-0,61**) en residu (0,74**). Sappigheid was negatief gekorreleer met persentasie kookverlies (-0,57**), maar nie betekenisvol met ongebonde water (0,28) nie. Die gehalte van die vleis van jong Afrikaner-, Nguni- en Pedi-bulle, in vergelyking met die van jong osse in gepubliseerde resultate oor tekstuurevaluasie, is baie goed en sal vir die verbruiker aanvaarbaar wees.