Main Article Content
A laboratory study of the composition and fermentation of various crop silages
Abstract
Graansorghum, voersorghum, sonneblom en mielies is op laboratoriumskaal ingekuil. Sonneblomme, geoes op die melkerige saadstadium van ontwikkeling, het 'n kuilvoer met 'n droëmateriaal (DM)-inhoud van slegs 13,54% gelewer. Mielie-, graansorghum- en voersorghumkuilvoer het ongeveer 30% DM bevat. Beide mielie- en sonneblomkuilvoer het 'n in vitro droëmateriaal verteerbaarheid (IVDMV) van ongeveer 70% gehad. Graan- en voersorghumkuilvoer het IVDMV van ongeveer 60% en 53%, onderskeidelik, gehad. Sonneblomkuilvoer het die hoogste (P < 0,01) ruproteïeninhoud (13,55%) gehad, gevolg deur graansorghum (9,42%), mielies (8,23%) en voersorghum (7,26%). Die stikstof (N)-inhoud van N-bevattende komponente is as persentasie van totale N-inhoud uitgedruk met die uitsondering van ruproteïen en ware proteïen wat as persentasie DM uitgedruk is. Nie-proteïen N-inhoud van die kuilvoere was ongeveer 50% met die uitsondering van graansorghumkuilvoer (56,16%). Suuronoplosbare N-inhoud was die hoogste (P < 0,01) in voersorghumkuilvoer (16,61%). Suuronoplosbare veselinhoud van voersorghum- en sonneblomkuilvoer (38,6 en 35,2%, onderskeidelik), was aansienlik hoër as in mielie- en graansorghumkuilvoer (29,5 en 32,9%, onderskeidelik). Beide sorghums het die laagste (P < 0,01) inhoud van wateroplosbare koolhidrate voor inkuiling, bevat. Die hoeveelheid fermentasieprodukte was baie hoog (P < 0,01) in sonneblomkuilvoer (64, 77, 39 en 57% meer melk-, botter- en asynsuur en totale vlugtige vetsure, onderskeidelik, as in mieliekuilvoer). Ammoniak N-inhoud was ook die hoogste (P < 0,01) in hierdie kuilvoer. Die analitiese resultate van die plantmateriaal en kuilvoere is statisties vergelyk. Mielies het as verwysingsgewas gedien.
Keywords: Chemical composition; fermentation; silage; sunflower; grain sorghum; forage sorghum.