Main Article Content
Nuwe dinge in Nuwe woorde
Abstract
Hierdie resensieartikel fokus op die niemikrostrukturele leksikografiese vernuwings wat in die woordeboek onder bespreking voorkom. Die toenemende bewustheid van gebruikersvriendelikheid in die hedendaagse leksikografiese praktyk beteken nié dat leksikografiese vernuwings tot die mikrostruktuur van woordeboeke beperk moet word nie. Vernuwende benaderings tot inligtingsaanbod in die gebruikerstoeligting (as daar een in die woordeboek is!) en ander
elemente in die voor- en agterwerk van woordeboeke speel 'n ewe belangrike rol in die gebruikersvriendelik maak van woordeboeke as vernuwings op mikrostrukturele vlak. New Words/Nuwe woorde, as die nuutste toevoeging tot die versameling Afrikaanse vertalende woordeboeke, vertoon 'n aantal besondere buite-mikrostrukturele leksikografiese vernuwings. Hierdie vernuwings word in hierdie artikel uitgelig en geëvalueer.
Keywords: accessibility, back matter, dictionary user, front matter, information types, lexicographer, lexicographic innovations, lexicography, macrostructure, mediostructure, microstructure, nonmicrostructural
lexicographic elements, pronunciation guidance, translation dictionary, user's guide, user-friendliness