Main Article Content

Nuwe raamstruktuurtipes in aanlyn woordeboeke New types of frame structures in online dictionaries


Rufus H. Gouws

Abstract

In die leksikografiepraktyk lei die oorgang vanaf gedrukte na aanlyn woorde-boeke tot talle veranderinge. Hierdie veranderinge moet in die leksikografieteorie beskryf word. Woordeboekstrukture is ook 'n teiken van veranderinge, met ou strukture wat aangepas en nuwe strukture wat ontwikkel word. In hierdie artikel is die fokus op verskeie aspekte van een van die nuwe struktuurtipes in aanlyn woordeboeke, naamlik die skermskootstruktuur. Hierdie struktuur huisves onder meer individuele woordeboekartikels, artikeldele, beperkte artikels asook artikel-deeltrajekte. Naas die kernartikel laat die skermskootstruktuur ook uitgebreide artikels toe wat 'n nuwe tipe raamstruktuur vertoon, te wete 'n artikelraam. 'n Artikelraam kan die gevolg van horison-tale uitbreiding na links en/of regs asook opwaartse en/of afwaartse vertikale uitbreiding wees. Geïntegreerde en niegeïntegreerde artikelbuitetekste bied huisvesting aan leksikografies relevante data wat nie in die kernartikel verskyn nie. Veral in die kommersiële leksikografie raak nieleksiko-grafiese data in woordeboeke al hoe belangriker en die skermskootstruktuur moet so beplan word dat hierdie data gehuisves word sonder om data-oorlading tot gevolg te hê. Dit kan geplaas word in 'n soekraam wat in die skermskootraamstruktuur voorsien word.


English Abstract: In the lexicographic practice the transition from printed to online dictionaries resulted in numerous changes. These changes have to be accounted for in lexicographic theory. Dictionary structures also are a target of changes, with some old structures being adapted and new structures being developed. The focus in this article is on various aspects of one of the new structures in online dictionaries, namely the screenshot structure. This structure accommodates among other individual dictionary articles, partial articles, restricted articles as well as partial article stretches. Besides the core article the screenshot structure also allows extended articles that display a new type of frame structure, namely an article frame. An article frame can be the result of horizontal expansion to the left and/or right as well as upward and/or downward vertical expansion. Integrated and non-integrated arti-cle outer texts accommodate lexicographically relevant data that are not included in the core article. Especially in commercial lexicography non-lexicographic data in dictionaries become increasingly important and the screenshot structure should be planned in such a way that these data can be accommodated without resulting in data-overload. Non-lexicographic data can be allocated to a search frame prevailing in the screenshot frame structure.


ARTICLE FRAME, ARTICLE FRAME STRUCTURE, DATA DISTRIBUTION, FRAME STRUCTURE, MENU TEXTBLOCK, ONLINE DICTIONARY, OUTER TEXT, SCREEN-SHOT FRAME, SCREENSHOT STRUCTURE, SEARCH FRAME


Journal Identifiers


eISSN: 2224-0039
print ISSN: 1684-4904
 
empty cookie