Main Article Content

Visuele elemente in vertalende woordeboeke gerig op die grondslagfase teen die agtergrond van geletterdheidsontwikkeling


Michele F. van der Merwe

Abstract

Woordeboeke wat in 'n onderrig- en leersituasie gebruik word, het ongetwyfeld 'n opvoedkundige doel en funksie (as 'n leksikografiese funksie volgens  die teorie van leksikografiese funksies verstaan word), byvoorbeeld die aktiewe ontwikkeling van geletterdheidsvaardighede. In die geval van  woordeboeke gemik op leerders in die grondslagfase is teikengebruikers leerders wat oor ontluikende geletterdheidsvaardighede en veral  ontwikkelende leesvaardighede beskik. Ten einde hierdie ontluikende vaardighede van die teikengebruiker te ondersteun, kan leksikograwe 'n  verskeidenheid meganismes gebruik, byvoorbeeld visuele elemente, om ondersteuning aan die teikengebruikers te verleen. In hierdie studie word vier  vertalende woordeboeke ondersoek, waarin Afrikaans telkens as een lid van die taalaanbod funksioneer. Leerders in die grondslagfase vorm die  teikengebruikers van die bepaalde kategorie woordeboeke en daarom is die artikel binne die leksikografiese teorie van die gebruikersperspektief  gesitueer, maar terselfdertyd ook binne die veld van die opvoedkundige leksikografie. In hierdie artikel word daar dus ook na konsepte binne  leesnavorsing, taalverwerwing en tweedetaalonderrig verwys, wat dan op die visuele elemente in hierdie woordeboeke toegepas word. Die gebruik,  waarde en tipes illustrasies in woordeboeke word deur middel van 'n literatuurstudie ondersoek en toepassing vind binne die geletterdheidskonteks van  die teikengebruiker plaas. Die gebruik van visuele elemente in ooreenstemming met die geletterdheidsbehoeftes van die teikengebruikers vorm die  fokus van die artikel. 


 


English title: Visual Elements in Translative Dictionaries Aimed at the Foundation Phase against the Background of Literacy Development


Dictionaries used for teaching and learning in an educational setting undoubtedly have an educational purpose and function (if a dictionary function is  understood according to the lexicographic theory of functions), whereby such an educational function is concerned with the active development of  literacy skills. In the case of dictionaries for the foundation phase, target users have emergent literacy skills and developing reading skills, in particular.  For this reason, lexicographers make use of a variety of lexicographic devices, for example visual elements, to render language support to the target user.  Learners in the foundation phase form the target users of this category of dictionaries and the focus of the article is situated within the  lexicographic theory of the user perspective, and the field of pedagogical lexicography. Concepts known in reading research, language acquisition and  second language teaching come into play and are applied to visual elements in dictionaries. The use, value and types of illustrations in dictionaries are  investigated by means of a literature study and then applied within the literacy context of the target user. Use of visual illustrations in accordance with the  literacy needs of the target users forms the focus of the article. 


Journal Identifiers


eISSN: 2224-0039
print ISSN: 1684-4904