Main Article Content

Wat beteken B(b)oer in 2022?


Marné Pienaar

Abstract

In hierdie artikel word daar ondersoek ingestel na die betekenis van die woorde Boer en boer. Die ondersoek spruit voort uit 'n insident in 2015 toe die  Taalkommissie (TK) die moontlikheid oorweeg het om die woord Boer uit die Afrikaanse woordelys en spelreëls weg te laat. Die rasionaal was dat ander  rassensitiewe items soos hotnot, kaffer en koelie lank reeds nie meer in die woordelys verskyn nie. Die voorstel vir die moontlike skrapping van Boer het  'n herrie ontketen. In die bespreking wat volg, word die ensiklopediese benadering tot betekenis as vertrekpunt gebruik om te bepaal wat Boer en boer  tans beteken. 'n Ondersoek na die leksikale betekenis van die twee woorde word aangevul deur een van die aannames van die ensiklopediese  benadering tot betekenis uit te lig, te wete die standpunt dat ensiklopediese kennis dinamies van aard is en dat betekenis altyd in die konteks van  gebruik gekonstrueer word. Die hedendaagse gebruik en betekenis van Boer en boer word voorgehou deur voorbeelde uit koerantberigte, literêre  tekste, lirieke, 'n handelsmerk en die TK-korpus te ondersoek. 'n Radiale latnetwerk vir die woorde Boer en boer word verskaf om aan te toon hoe die  verskillende betekenisse van die woorde aan mekaar verwant is en 'n polisemies semantiese raamwerk vorm.


 


English title: What is the Meaning of B(b)oer in 2022?


This article investigates the meaning of the words Boer and boer in Afrikaans. The study is the result of an incident in 2015 when the Afrikaans Language  Commission considered the possibility of omitting the word Boer from the Afrikaanse woordelys en spelreëls. The rationale was that other race sensitive  items, such as hotnot, kaffer and koelie, had been scrapped from the word list long ago. The proposal to omit Boer created havoc. In the following  discussion, the encyclopaedic approach to meaning is used to determine what Boer and boer currently mean. An investigation into the lexical meaning of  these two words is supplemented by highlighting one of the assumptions of the encyclopaedic approach to meaning, namely that encyclopaedic  knowledge is dynamic in nature and furthermore that meaning is always constructed in the context of use. The current day use and meanings of Boer  and boer are indicated via examples from newspaper articles, literary texts, lyrics, a brand name as well as the corpus of the Language Commission. A  radiating lattice diagram for the words Boer and boer is provided to show how the various meanings of the words are related to one another and how   they form a polysemous semantic network.


Journal Identifiers


eISSN: 2224-0039
print ISSN: 1684-4904