Main Article Content
The South African National Lexicography Units — Two Decades Later
Abstract
The lexicography practice in South Africa has distinctive features and to a great extent relates to the political dispensation current at a given period. During the previous political dispensation only two dictionary units existed in South Africa that were state funded, namely the Bureau of the Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) and the Dictionary for South African English (DSAE). These dictionary units, therefore have a long dictionary history. Some of the African languages, such as Xhosa, Zulu, Tswana and Northern Sotho also had dictionary units at the time but they were situated at and funded by tertiary institutions. The current national government requires dictionaries in all official languages for proper communication in languages the citizens understand best, i.e. their respective mother tongues. The Pan-South African Language Board (PanSALB), established in 1996, was a direct consequence of the country's new multilingual dispensation. This dispensation required equal rights for all the official languages and the legislation governing PanSALB was therefore amended to allow for equal justice to all dictionary projects for the official South African languages. This led to the establishment of national lexicography units for each of the official South African languages. A strategic planning process conducted at the Bureau of the Woordeboek van die Afrikaanse Taal not only influenced the lexicography practice at the Bureau, but also had a huge impact on the newly established national lexicography units (NLUs). Both the articles published in Lexikos, that originated in 1991, and the activities of the African Association for Lexicography (AFRILEX), established in 1995, have a huge influence on the activities of the NLUs. Although the NLUs are already 21 years old and should officially be of age, the question remains whether they really gained their independence. This article focusses on the heritage of the Bureau of the WAT as National Lexicography Unit for Afrikaans and the example that it has set to the other NLUs.
Opsomming: Die Suid-Afrikaanse nasionale leksikografiese eenhede — twee dekades later.
Die leksikografiepraktyk in Suid-Afrika beskik oor kenmerkende eienskappe wat grootliks verband hou met die politieke bedeling van 'n bepaalde tyd. Gedurende die vorige politieke bestel het slegs twee woordeboekkantore bestaan wat deur die staat gefinansier is, naamlik die Buro van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) en die Dictionary for South African English (DSAE). Hierdie woordeboekkantore het dus 'n lang woordeboekgeskiedenis. Sommige van die Afrikatale, byvoorbeeld Xhosa, Zulu, Tswana en Noord-Sotho, het ook gedurende daardie tyd woordeboekkantore gehad, maar hulle was by tersiêre instansies gesetel en is ook deur hulle gefinansier. Die huidige regering vereis woordeboeke in al die amptelike tale om behoorlike kommunikasie te bewerkstellig in die tale wat die beste deur die burgers verstaan word, naamlik hul onderskeie moedertale. Die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (PanSAT), wat in 1996 tot stand gekom het, was die direkte uitvloeisel van die land se nuwe meertalige beleid. Ten einde gelyke beregtiging vir alle woordeboekprojekte in al die amptelike Suid-Afrikaanse tale teweeg te bring, is die PanSAT-wetgewing gewysig. Dit het tot gevolg gehad dat nasionale leksikografiese eenhede vir elk van die amptelike Suid-Afrikaanse tale gestig is. 'n Strategiese beplanningsproses wat by die Buro van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal gedoen is, het nie net 'n invloed gehad op die leksikografiepraktyk by die Buro nie, maar dit het ook 'n groot impak gehad op die nuut gestigte nasionale leksikografiese eenhede (NLE's). Sowel Lexikos, wat in 1991 tot stand gekom het en die artikels wat daarin gepubliseer word, asook die bedrywighede van die African Association for Lexicography (AFRILEX), wat in 1995 gestig is, het 'n groot invloed op die werksaamhede van die NLE's. Hoewel die NLE's een-en-twintig jaar gelede gestig is en dus amptelik mondig behoort te wees, ontstaan die vraag of hulle werklik hul onafhanklikheid verkry het. Hierdie artikel fokus op die erflating van die Buro van die WAT as Nasionale Leksikografiese Eenheid vir Afrikaans en sy voorbeeld vir die ander NLE's.