Main Article Content
Teksgebaseerde tesourusgebruik in 'n Afrikaanse taalonderrigkonteks
Abstract
Die onderwerp van die artikel is die ontsluitingsmoontlikhede van tesourus-gebruik in 'n Afrikaanse taalonderrigkonteks in die skoolklaskamer. Die tesourus is een van die oudste naslaanwerke in die geskiedenis van leksikografie; tog word dit nie in die aantal navor-singsartikels rakende die onderwerp gereflekteer nie. 'n Tesourus blyk nie 'n algemene fokuspunt van leksikografiese navorsing of opvoedkundige leksikografiese navorsing te wees nie. In 'n poging om die gaping in die literatuur te oorbrug, word daar oor die doel en leksikografiese funk-sie van 'n tesourus besin, veral in 'n taalonderrigkonteks. Die taalonderrigkonteks word vervolgens belig met verwysing na voorgestelde tesourusgebruik in skoolkurrikuladokumente, aangesien dit rigtinggewend is vir onderrigraamwerke in skole. Teksgebaseerde tesourusgebruik in die taalonder-rigkonteks word aanbeveel en gemotiveer teen die agtergrond van 'n ondersoek na 'n tesourus en tematiese woordeboekafdelings. Aanbevelings vir enkele verbeterings tot leksikografiese produkte word vanuit 'n opvoedkundige leksikografiese perspektief gemaak ten einde optimale gebruik van 'n tesourus in 'n taalonderrigkonteks te verseker.
English title: Text-based Use of a Thesaurus in an Afrikaans language and teaching context
Abstract
The topic of the article articulates and explores possibilities for the use of a thesaurus in the language and teaching context of the school classroom. Although the thesaurus is one of the oldest reference works in the history of lexicography, that fact is not reflected in the number of research articles on the topic. A thesaurus does not seem to be a general focus point of lexicographic research, nor be it of pedagogical lexicography. To address the gap in literature, the purpose and lexicographic functions of a thesaurus, especially in a language education context, are foregrounded. The language education context is illuminated with reference to the prescribed use of the thesaurus in school curricula documents, as they dictate the teaching policy in public schools. Text-based use of a thesaurus is recommended and is illustrated against the background of an investigation of a thesaurus and thematic dictionary sections. Recommendations for improvement of lexicographical products are made from a pedagogical lexicographic perspective to ensure optimal use of a thesaurus in a language education setting.
Keywords: Thesaurus, text-based, language education context, dictionary function, pedagogical lexicography, synonym, semantic relation, vocabulary development, vocabulary acquisition, language variant