Main Article Content
Die leksikografiese hantering van woordgroepstamme
Abstract
Die leksikografiese hantering van woordgroepstamme. Die leksikon van Afrikaans bestaan uit 'n verskeidenheid leksikale items wat in Afrikaanse woordeboeke opgeneem moet word as leksikale, subleksikale en multileksikale lemmas. Hierdie artikel bespreek die behandeling van subleksikale lemmas en plaas die klem op een subtipe, te wete die woordgroepstamme van samesteUende samestellings en samesteUende afleidings. Hierdie stamme verteenwoordig telkens 'n optredevariant van 'n leksikale item wat buite die betrokke gelede woord as woordgroep funksioneer. Afrikaanse woordeboeke bied nog nie 'n behandeling an woordgroepstamme nie. Daar is verskeie faktore wat die insluiting van woordgroepstamrne beperk. Alhoewel hierdie stamme nie dikwels 'n semantiese pluswaarde het nie, word dit aangetoon dat hulle potensiele opname volgens metaleksikografiese en taalkundige beginsels gemotiveer lean . word. Oeur op die geldende kriteria vir die opname van subleksikale lemmas te let, word aangevoer dat woordgroepstamme as leksikaie items uit eie reg en gevolglik ~ potensiele lemmas beskou moet word. Die nie-opname van hierdie tipe leksikale item as 'n meerwoordige subleksikaJe lemma in Afrikaanse woordeboeke spruit wt 'n woordpartydigheid wat die makrostrukturele keu. se domineer. Dit beperk die opname van sowel mullileksikaie as subleksikaIe lemmas. VoorsteUe word in hierdie artikel aan die hand gedoen om die leksikografiese be werking van woordgroepstamme op 'n taalkundig bevredigende manier aan te bied. Alhoewel die voorsteUe in hierdie Uti. kel vanwt 'n teoretiese perspektief gedoen word, is hulle primer iiaarop gerig om die Afrikaanse leksikografiese praktyk tot voordeel te strek. Die implikasies van die voorsteUe en bespreking is nie net van leksikografiese belang nie maar is ook ter sake vir die teoretiese taalkundige. 'n Nuwe siening van die verskeidenheid binne die leksikon word aan die orde gestel. Dit beklemtoon nog. maaJs die beJang daarvan dat daar 'n wisseJwerking tussen taalteorie en Ieksikografiese praktyk moet wees. So 'n wissel werking strek sowelleksikograaf as die taalkundige ten goede.