Main Article Content
Die gebruik van konjunksiemerkers by nagraadse studente en gepubliseerde navorsing oor Afrikaanse taalen letterkunde
Abstract
The line of argumentation in a wellstructured argumentative text or academic essay should exhibit logical continuity. Conjunction markers are one of the resources that writers can use to achieve this objective. By means of conjunction markers, the idea world is represented in a coherent fashion. The present article presents a corpus linguistic investigation into the possible quantitative and qualitative differences in the use of conjunction markers in the academic essays and journal articles of postgraduate students and published researchers respectively, in the area of Afrikaans language and literary studies. The findings are that the quantitative differences between the corpora are small, while the qualitative differences imply that students use some conjunction markers in a more speech-like or informal way. Students also use the high frequency conjunction markers even more, while researchers make more frequent use of the low frequency conjunction markers. In spite of this, the finding is that the differences between the student and researcher corpora are not statistically significant as far as the majority of conjunction markers are concerned.
’n Goed gestruktureerde argumentatiewe teks of akademiese opstel se argumentasielyn sal spreek van logiese kontinuïteit. Konjunksiemerkers is een van die linguistiese middele wat skrywers kan aanwend om in die voorgenoemde doel te slaag. Met behulp van konjunksiemerkers word die ideëwêreld van die teks dus op ’n koherente manier weergegee. Die huidige artikel behels ’n korpuslinguistiese ondersoek na die moontlike kwantitatiewe en kwalitatiewe gebruiksverskille betreffende konjunksiemerkers in die akademiese opstelle en vaktydskrifartikels van onderskeidelik nagraadse studente en gepubliseerde navorsers in die domeine Afrikaanse taal- en letterkunde. Die bevinding is dat die kwantitatiewe verskille tussen die twee korpora klein is, terwyl die kwalitatiewe verskille hoofsaaklik daarop neerkom dat die studente ’n meer spreektaalagtige of informele aanwending van sekere konjunksiemerkers toon. Studente maak ook meer van die hoëfrekwensiekonjunksiemerkers gebruik, terwyl navorsers op hulle beurt meer gebruik maak van die laefrekwensiekonjunksiemerkers. Ten spyte hiervan is die bevinding dat die verskille tussen die studente- en navorserskorpora betreffende die meerderheid konjunksiemerkers wat in hierdie ondersoek betrek is, nie statistiesbeduidend is nie.
The article is in Afrikaans.