Main Article Content
Die effek van die regulering van maksimum werkure op werknemers se grondwetlike reg op gelykheid
Abstract
Die artikel ondersoek die effek van die maatreëls wat maksimum werkure reguleer aan die hand van die gelykheidsbeginsel wat in artikel 9 van die Suid-Afrikaanse Grondwet, 1966 verskans is. Artikel 9(1) gelees met artikel 10(1) van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes het tot gevolg dat werknemers, onderhewig aan sekere uitsonderings, nie langer as 55 uur per week vir dieselfde werkgewer mag werk nie. Dit verhoed werknemers nie om in totaal langer vir verskillende werkgewers te werk nie, ’n opsie wat duidelike nadele inhou. Weens die nadelige effek van diskriminasie van die verlede is disproporsioneel meer swartmense, vroue en mense op lae sosio-ekonomiese vlakke ongunstig geplaas met betrekking tot inkomstevlakke, beroepstatus en, daarmee gepaardgaande, geleenthede tot bevordering en vooruitgang. Hierdie agterstand skep dikwels ’n behoefte om langer ure te werk, spesifiek by dieselfde werkgewer. ’n Toepassing van die toets wat in Harksen v Lane NO and Others ontwikkel is, lei tot die gevolgtrekking dat die vermelde bepalings ingevolge artikel 9 van die Grondwet indirekte onbillike diskriminasie daarstel. Die bepalings slaag ook nie die proporsionaliteitstoets van artikel 36 van die Grondwet nie.