Main Article Content
The Constitutional Court and ubuntu’s “inseparable trinity"
Abstract
Die Konstitusionele Hof en ubuntu se onskeidbare drie-eenheid: Die oogmerk van hierdie artikel is om die Grondwetlike Hof se definisies van ubuntu as medemenslikheid, groepsolidariteit, umuntu ngumuntu ngabantu, menswees, en ’n morele filosofie te dekonstrueer. Dit word aan die hand gedoen dat die filosofie van ubuntu of etnofilosofie ’n godsdienstige filosofie verteenwoordig aangesien dit onskeidbaar is van die Afrika Geloof en Afrika geesteswêreld. Dit word geargumenteer dat Suid-Afrikaanse howe en die staat se verkondiging van ubuntu oortuigings en waardes tot nadeel is van ander godsdienstige filosofieë aangesien dit artikel 15(1) van die Grondwet skend en onbillike diskriminasie daarstel.