Main Article Content
Protection of human rights in South Africa: public awareness and perceptions
Abstract
Beskerming van menseregte in Suid-Afrika: openbare bewustheid en persepsies
Suid-Afrika is 'n nuwe demokrasie met 'n progressiewe Grondwet en 'n Handves van Regte wat al die menseregte bevat wat universeel aanvaar en erken word. Die doel van hierdie artikel is om die resultate te analiseer van 'n studie wat beoog om die vlak van openbare bewustheid en die persepsies aangaande die beskerming en die benutting van sulke regte vas te stel. Om dit te kan doen, het die opname inligting ingesamel oor die publiek se kennis of bewustheid van die Handves van Regte, oortreding of beskerming van verskillende tipe regte, en bewustheid en persepsies aangaande menseregte-instellings. Daar is bevind dat baie Suid-Afrikaners onbewus is van die bestaan van die Handves van Regte en dat die meerderheid die regering blameer vir skendings daarvan. Die resultate van die opname wys ook dat mense nie gelukkig voel met die vlak van beskerming van hulle regte nie, veral ten opsigte van sosio-ekonomiese regte. Dit is ook duidelik dat openbare kennis aangaande die bestaan van menseregte instellings en die werk wat hulle doen, beperk is. Daar word tot die slotsom gekom dat daar 'n ernstige behoefte is om die publiek op te voed, nie net oor die Handves van Regte en sy bestaan, funksies en meganismes van afdwingbaarheid nie, maar ook op die bestaan en funksies van die verskeie menseregte-instellings. Slegs dan sal die Handves van Regte die ware doel waarvoor dit ontwerp was, dien.
Jnl for Juridical Sci Vol.29(1) 2004: 62-87