Main Article Content
Restorative justice: some reflections on contemporary theory and practice
Abstract
Herstellende geregtigheid: aspekte ter oorweging van die huidige teorie en praktyk
Die afgelope aantal dekades het 'n nuwe benadering tot misdaad regoor die wรชreld posgevat en het dit 'n beduidende invloed op strafregbeleid en -praktyk uitgeoefen. Bekend as "herstellende geregtigheid", behels dit die idee dat misdaad primรชr 'n konflik tussen individue en benadeling van mense en menslike verhoudinge behels; dat die hoofdoel van die regsproses daarop gerig behoort te wees om die partye met mekaar te versoen, die benadeling deur die oortreding reg te stel en dat die oplossing van die konflik positiewe optrede van die slagoffers, oortreders en die aanvaarding van verantwoordelikheid deur die gemeenskap vereis. Hierdie bydrae skets breedweg die beginsels van herstellende geregtigheid, ondersoek die verskille tussen herstellende geregtigheid en ander heersende opvattings oor geregtigheid, en identifiseer en lewer kommentaar oor die onderliggende beginsels wat nodig is vir 'n praktyk van herstellende geregtigheid. Hierdie navorsing ondersoek kontemporรชre programme van herstellende geregtigheid, gee inligting oor die oorsprong, leidende beginsels, prosedures en doelwitte en identifiseer 'n hele aantal kwessies en bekommernisse wat in die ontwikkeling en aanbieding van sodanige programme aangespreek moet word.
Jnl for Juridical Sci Vol.29(1) 2004: 1-27