Main Article Content
The framework convention on tobacco control measures: does South Africa measure up?
Abstract
Die raamwerkkonvensie oor tabaksbeheermaatreels: hoe vaar Suid-Afrika?
Dit is 'n afgesaagde feit dat die rook van tabak 'n gevaarlike gewoonte met dikwels dodelike gevolge is. Die globale afmetings van hierdie probleem het die Verenigde Nasies, deur middel van die WGO, aangespoor om nasies in hulle stryd teen die tabakspandemie te help. Die Raamwerkkonvensie oor Tabakbeheermaatreels is met die spesifieke doelstelling om as 'n gids vir nasies te dien, wat hulle in staat sal stel om sowel nasionale as internasionale reaksies op hierdie globale probleem te formuleer, opgestel. In hierdie artikel word die Suid-Afrikanse legislatiewe maatreels teen die standaarde, wat deur die Raamwerkkonvensie voorgestel is, ontleed.
Journal for Juridicial Science Vol.28(2) 2003: 175-198