Main Article Content
Institutional independence and the constitutionality of legislation establishing lower courts and tribunals: part I
Abstract
Institusionele onafhanklikheid en die grondwetlikheid van wetgewing vir die skepping van laer howe en tribunale: deel I
Die onafhanklikheid van die regbank is die grondslag van 'n demokratiese regeringstelsel. 'n Onafhanklike regbank is die toegangspunt vir die behoorlike funksionering van die howe en 'n voorwaarde vir hulle rol om alle staatorgane binne die grense van hul verleende bevoegdhede ingevolge die grondwet te hou. Die toets om te bepaal of regterlike onafhanklikheid gewaarborg word is 'n objektiewe een gebasseer op openbare vertroue in die struktuur van die howe en die onpartydigheid van voorsittende beamptes. Die vasstelling van die onafhanklikheid van 'n tribunaal hang af van die wyse van aanstelling van regsprekende beamptes, hulle finansiele sekuriteit en of hul sekerheid van ampsbekleding institusioneel gewaarborg is teenoor wetgewende en uitvoerende manipulasie. Hierdie artikel bespreek die konstitusionele basis vir regtelike onafhanklikheid; dit ondersoek die toets om vas te stel of 'n hof onafhanklik en onpartydig is; en verbind regterlike onafhanklikheid met skeiding van magte. Die beginsels van regterlike onafhanklikheid word toegepas op spesifieke wetgewende programme waar die ongrondwetlikheid van die struktuur van die tribunaal wat daardeur totstand gebring is in die howe getoets is.
Journal for Juridicial Science Vol.28(2) 2003: 109-141