Main Article Content
The invasion of Iraq: a challenge to the Charter Prohibition of Violence in Inter-State Relations
Abstract
Die inval op Irak: 'n uitdaging vir die Handves op die Voorkoming van Geweld in Interstaatlike Verhoudinge
Kort voor die gewapende inval in Irak, het die VSA onsuksesvol gepoog om die sanksie van die VN vir die oorlog in Irak te verkry. Die VSA het Irak hierna op 20 Maart 2003 met die gewapende ondersteuning van Australie, Brittanje en Spanje binnegeval. Die aanval is met wereldwye veroordeling en straatproteste begroet, waaraan die VSA en sy bondgenote hul egter nie gesteur het nie. As 'n rede vir die inval is aangevoer dat Irak oor wapens van massavernietiging beskik wat 'n gevaar vir die wereld daarstel, en dat dit daarom noodsaaklik was om Irak militer te oorweldig en te ontwapen. Daar is ook daarop gesteun dat President Saddam Hussein 'n roekelose diktator is, en dat 'n regimeverandering tot voordeel van die Irakese bevolking sal wees. Derdens is betoog dat Irak bande onderhou met Al Qaeda, die terroristegroep wat internasionale aandag op hulle gevestig het met die aanval in die VSA op 11 September 2001. Die argument was dus dat die oorlog in Irak bloot een fase van die wyer oorlog teen internasionale terrorisme uitmaak. Hierdie artikel ondersoek die regsgeldigheid van die oorlog in Irak in die lig van die redes wat as regverdiging daarvoor aangevoer is. Dit word gedoen teen die agtergrond van die norm van die jus cogens wat die gebruik van geweld deur state in hul internasionale verhoudinge verbied, sowel as die internasionale humanitere reg waardeur sekere wyses en metodes van oorlogvoering verbied word. Die artikel ondersoek ook verdere uitvloeisels van die oorlog, sowel as die verantwoordelikheid, ingevolge die internasionale reg, van die leiers van invallende magte. Dit is die slotsom van hierdie artikel dat die oorlog in Irak 'n verbreking van die besluite van die Verenigde Nasies en die toepaslike internasionale reg daarstel. Hierdie regsoortreding, so word betoog, bring die internasionale verantwoordelikheid van die invallende magte en die hoof rolspelers wat betrokke is in die oorlog van agressie, in die spel. Die artikel kom tot die slotsom dat die oorlog bepaalde gevaarlike resultate op streeks- en internasionale vlak inhou.
Journal for Juridicial Science Vol.28(2) 2003: 58-90