Main Article Content
Optimising closely held entities to enhance commercial participation and development : the Southern African experience in comparative perspective
Abstract
Die optimalisering van beslote entiteite om ekonomiese deelname en groei te bevorder : die Suider-Afrikaanse ervaring in regsvergelykende perspektief
Die belangrike bydrae van die kleinsakesektor tot ekonomiese groei en ontwikkeling word wyd en algemeen erken. In 1984 het die Suid-Afrikaanse Wet op Beslote Korporasies 'n eenvoudige, goedkoop en buigsame beslote entiteit ingevoer vir die onderneming wat bestaan uit 'n enkele entrepreneur of klein groepie deelnemers, ontwerp met die oog op sy of hul redelike behoeftes en verwagtinge en sonder om hom of hulle te belas met regsvereistes wat in die omstandighede nie sinvol sou wees nie. Hierdie voorbeeld is met wisselende grade van sukses nagevolg in Suider-Afrika en Australie deur statutere ontwikkelings gemik op die invoering van nuwe regsvorms vir kleinsake. Tydens meer resente hervormingsinisiatiewe in Australie en veral die Verenigde Koningkryk, is verskeie opsies ontleed om beslote entiteite te optimaliseer met die oogmerk om deelname aan die ekonomie en ekonomiese ontwikkeling deur middel van kleinsake te bevorder. Die keuse het uiteindelik op die ietwat verbeeldinglose benadering geval om bloot die private maatskappy te vereenvoudig. Aandag sal geskenk word aan die Suider Afrikaanse ervaring met beslote entiteite en daarna aan 'n kritiese vergelykende ontleding van en perspektiewe op resente ontwikkelings in Australie en veral die Verenigde Koningkryk.
Journal for Juridicial Science Vol.28(2) 2003: 1-32