Main Article Content
The constitutional rights of children and the Prevention of Organised Crime Act 121 of 1998
Abstract
Die konstitusionele regte van kinders en die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad 121 van 1998
Die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad 121 van 1998 vorm deel van die Suid-Afrikaanse regering se program om georganiseerde misdaad, geldwas en die aktitwiteite van kriminele bendes te polisieer en te beperk. Die Wet maak onder andere voorsiening vir besondere hoe boetes sowel as konfiskasie- en verbeurdverklaringsbevele. Sodanige bevele kan die regte van derde partye op velerlei wyses, direk en indirek, beinvloed. Konfiskasie- en verbeurdverklarings bevele kan die posisie van kinders beinvloed omdat die bevele die konstitusionele regte van afhanklike kinders moontlik kan skend. Hierdie kort artikel ondersoek aspekte van die beskerming van die regte van kinders wanneer konfiskasie- en verbeurdverklaringsbevele ingevolge die Wet gemaak word.
(Journal for Juridical Science: 2003 28(1): 97-119)