Main Article Content
Baby rape: why does the law not protect them?
Abstract
Baba-verkragting: waarom beskerm die reg hulle nie?
Die Suid-Afrikaanse samelewing is die afgelope tyd geskud deur 'n toename in gevalle van verkragting van babas en jong kinders. Navorsing dui daarop dat die reg nie voldoende beskerming bied aan die slagoffers van sodanige misdade nie, veral met betrekking tot die ondersoek-proses, en die proses in die howe waar geregtigheid teenoor hierdie weerlose slagoffers dikwels 'n innoverende, multi-dissiplinere benadering vereis. Daar word verwys na die struikelblokke in die regsproses waarmee die slagoffers gekonfronteer word, en die aanbevelings van die S A Regskomissie om die tekortkominge deur wetgewing aan te spreek. Daar word gewaarsku dat die blote daarstel van uitgebreide wetgewing, sonder die praktiese implementering van spesialis-ondersoekspanne en howe (ook in afgelee gebiede), om sake van hierdie aard te ondersoek en te verhoor, van min waarde sal wees. Daar word aanbeveel dat die instel van spesialis-howe wat op streeksbasis as rondgaande howe funksioneer oorweeg behoort te word.
(Journal for Juridical Science: 2003 28(1): 59-75)