Main Article Content
Conscientious objection and legal abortion in South Africa: delineating the parameters
Abstract
Gewetensbeswaar en wettige vrugafdrywing in Suid-Afrika: bepaling van die grense
Die oogmerk van die artikel is om die grense van die reg op gewetensbeswaar van gesondheidsdienswerkers in verband met deelname aan vrugafdrywingsprosedures ingevolge die Wet op die Keuse van Beeindiging van Swangerskap te ondersoek. Die Wet swyg oor die reg op gewetensbeswaar. 'n Reg op gewetensbeswaar teen deelname aan vrugafdrywingsprosedures is egter implisiet in artikel 15 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika vervat. Dit word aan die hand gedoen dat terwyl die Wet op die Keuse van Beeindiging van Swangerskap in gebreke bly om die reg op gewetensbeswaar te reguleer, artikel 36 van die Grondwet riglyne hiervoor verskaf. Artikel 36 ondersteun die beperking van die reg op gewetensbeswaar in die geval waar die moeder se lewe of gesondheid ernstig in gevaar is of indien daar 'n mediese noodgeval voorkom. Verder, in die besondere omstandighede van Suid- Afrika, kan geargumenteer word dat artikel 36 die ople van 'n verpligting om ten minste aan die verwagtende vrou inligting te verskaf oor waar vrugafdrywing gedoen kan word, ondersteun. Dit word aangetoon dat dit moeilik is om vas te stel watter partye, anders as die gesondheidswerkers wat direk by die vrugafdrywing betrokke is, op 'n reg op getwetensbeswaar aanspraak sou kon maak. Artikel 36 is egter weereens 'n handige rigsnoer in hierdie verband.
(Journal for Juridical Science: 2003 28(1): 1-18)