Main Article Content
Consumer's reliance on warranties: a comparative study of the United States of America and South Africa
Abstract
Verbruikers se vertroue op waarborge: 'n Vergelykende studie van die Verenigde State van Amerika & Suid-Afrika
Hierdie artikel stel ondersoek in na die konsep van 'n waarborg en die regsimplikasies daarvan in die Verenigde State van Amerika en Suid-Afrika. In die VSA het die daarstelling van die Uniform Commercial Code gehelp om die belange van verbruikers te beskerm. In Suid-Afrika bestaan daar tans nie 'n soortgelyke meganisme nie. Met behulp van empiriese navorsing onder vervaardigers, handelaars, verbruikers en regsgeleerdes is bevind dat waar die handelaar nie oor kundigheid beskik of kennis dra van die artikels wat hy / sy verkoop nie, hy / sy nie verantwoordelik gehou kan word vir die stilswyende waarborge daaraan verbonde nie, veral nie ten opsigte van latente gebreke nie. Verskeie voorstelle ten opsigte van moontlike oplossings vir probleme wat individue in die koop en verkoop van produkte en dienste teekom, word aan die hand gedoen.
(Journal for Juridical Science: 2002 27(2): 129-144)