Main Article Content
The recognition of Customary Marriages Act: many women still left out in the cold
Abstract
Hierdie artikel fokus op die posisie van vroue in monogame gebruiklike huwelike gesluit voor die inwerkingtreding van die Wet op Erkenning van Gebruiklike Huwelike, 120 van 1998. Hierdie Wet poog om die ondergeskikte en minderwaardige status wat vroue in die inheemse reg het, op te hef. Art 6 bepaal dat 'n vrou in 'n gebruiklike huwelik op grond van gelykheid met haar man en onderhewig aan die huweliksgoederebedeling wat die huwelik reel, volle status en bevoegdhede het. Volgens art 7 bly die vermoensregtelike gevolge van 'n gebruiklike huwelik wat voor die inwerkingtreding van die Wet gesluit is, egter onderhewig aan die gewoontereg. Wat is dan die waarde van art 6, wat gelyke status met haar eggenoot en die bevoegdheid om eiendom te verkry verleen, maar dit steeds onderworpe aan die gewoontereg maak (in terme waarvan al die huweliksbates onder die eggenoot se kontrole en diskresie val?). Baie van die artikels van die Wet op Egskeiding en die Wet op Huweliksgoedere (wat hoofsaaklik ingestel is om die posisie van die vrou te verbeter) is ook slegs van toepassing op gebruiklike huwelike wat aangegaan is na die inwerkingtreding van die Wet. Dit word aan die hand gedoen dat die argumente ten gunste van 'n terugwerkende wysiging van die vermoensregtelike bestel, in wetgewing aanvaar moes gewees het. Art 7(1) moet gewysig word en bepaal dat 'n monogame gebruiklike huwelik wat gesluit is voor die inwerkingtreding van die Wet, 'n huwelik binne gemeenskap van goed en van wins en verlies is.
(Journal for Juridical Science: 2002 27(2): 115-128)