Main Article Content
Hearsay evidence and the child witness
Abstract
Hoorse-getuienis en die kindergetuie
In terme van artikel 3(1)(c) van die Wysigingswet op die Bewysreg 45 van 1988 het die hof sedert 3 Oktober 1988 'n wye diskresie om hoorsegetuienis toe te laat indien dit in die belang van geregtigheid is. Die toepassing van die diskresie is problematies. Die vraag is of dit in die belang van geregtigheid is om die hoorse-verklaring van 'n kinderklaagster, wie nie kan getuig in 'n strafsaak nie, toe te laat. Die howe is lugtig om hierdie tipe verklarings toe te laat vanwee die kwessies rondom bevoegdheid en die versigtigheidsreel, en daarom het sekere lande spesifieke statutere voorsorgmaatreels ingestel wat die hoorse-verklarings van kinders reguleer. In Namibie word hoorse indirek toelaatbaar deur die Combating of Rape Act 8 of 2000. Die skrywers stel voor dat 'n “common sense” benadering gevolg moet word om te bepaal of die hoorseverklarings van kinderslagoffers toelaatbaar is. Die feit dat getuienis hoorse is, is 'n faktor wat tersaaklik is by die waarde-evaluering en nie die toelaatbaarheid daarvan nie.
(Journal for Juridical Science: 2002 27(2): 33-46)