Main Article Content
Some insights into statutory lawmaking in Botswana
Abstract
Insae rakende die (statutere) wetgewende proses in Botswana
Hierdie artikel ondersoek die wetgewende proses in Botswana, een van Afrika se beste voorbeelde van 'n lewenskragtige parlementere demokrasie. Alhoewel die hele proses gebaseer is op die Britse Westminster stelsel, is dit nieteenstaande gevorm en beinvloed deur plaaslike omstandighede. 'n Voorbeeld hiervan is die sogenaamde House of Chiefs, wat geen wetgewende bevoegdheid het nie, maar slegs 'n adviserende rol in gespesifiseerde aangeleenthede speel. Na bestudering van die aanvangsfase (wat heel waarskynlik die belangrikste fase in die proses is) en die wetgewende fase self, beklemtoon die artikel sekere belangrike aspekte waaruit iets geleer kan word. Twee hoofpunte staan uit - eerstens is dit nou duidelik dat die Parlement, as volksverteenwoordiger, 'n meer aktiewe rol moet speel in die wetgewende proses, veral tydens die aanvangsfase. Tweedens ontstaan die behoefte om weg te doen met die Britse stelsel, wat kritiek uitgelok het as gevolg van die opstel van wetgewing in hoogs tegniese en komplekse taal (wat onverstaanbaar is vir beide wetsopstellers en die man op straat), ten gunste van die tendens om wetgewing in gewone en verstaanbare taal op te stel. Om relevant en effektief te wees, moet wetweging voldoen aan menslike behoeftes, aspirasies en oortuigings, in 'n taal wat hulle kan verstaan en mee kan identifiseer.
(J Juridical Science: 2002 27(1): 70-87)