Main Article Content
'n Analise van onlangse interpretasies van die nuwe uitgebreide penetrasiebegrip by verkragting in die Duitse reg
Abstract
In die artikel word die oorsprong en ontwikkeling van die penetrasiebegrip by verkragting aanvanklik vanuit 'n regshistoriese en -antropologiese perspektief verduidelik. Daarna word die huidige bewoording van artikel 177stGB Duitsland ontleed en word die onlangse interpretasie daarvan deur die howe en skrywers uiteengesit. Die misdaad verkragting het in die hedendaagse Duitse strafreg bloot straftoemetingsregtelike betekenis. Dit vorm naamlik 'n strafverswarende onderdeel van die misdaad seksuele aanranding. Die penetrasievereiste by verkragting is uitgebrei om ook soortgelyke penetratiewe seksuele handelinge in te sluit asook ander handelinge wat besondere vernedering vir die slagoffer meebring. Die Suid-Afrikaanse Regskommissie behoort kennis te neem van ontwikkelinge wat in die Duitse reg plaasvind.
(J Juridical Science: 2002 27(1): 41-53)