Main Article Content
Breast feeding practices of mothers with children (aged 0-36 months) in a rural area of South Africa A qualitative approach
Abstract
Hierdie studie was 'n verkennende ondersoek na
die borsvoedingspraktyke van moeders / versorgers
wat twee babaklinieke in die Moreteledistrik
besoek. Beide kwantitatiewe en kwalitatiewe
navorsingsmetodologieë is toegepas. Individuele
en fokusgroeponderhoude is vir data-insameling
gebruik. 'n Geriefsteekproef (N = 174) moeders /
versorgers is vir die onderhoude getrek. Ses
ouderdomskategorieë is aan die hand van bekende
dieetveranderingsfases gebruik. Die antropometriese resultate het op groeipatroonabnormaliteite gedui wat op 18 maande 'n piek bereik het (suboptimale groei) en weer teen 24 maande gestabiliseer het. Dieetinname het ‘n
beperkte verskeidenheid getoon en was voldoende
behalwe wat yster, kalsium, sink, niasien, vitamiene
D en A betref. Borsvoeding was die keusevoeding, maar dit was moeilik om die borsvoedingspraktyke (voedingstye
en -frekwensie, duur van voedings) akkuraat te bepaal.
Vaste voedsel is vroeg reeds (voor 4-6 maande) (87%) in die dieet ingesluit weens die moeders se persepsie van 'n honger baba. Graan (48%) en water (16,7%) is eerste vir fisiologiese/gesondheidsredes bygevoeg. Borsvoeding is op 18-24 maande (83,3%) gestaak. Die meeste
kinders (34,5%) het vanaf 7-12 maande 'n gemengde
gesinsdieet ontvang. Die gevolgtrekking is dat moeders se kennis oor die voordele van borsvoeding, voedingspraktyke, en redes vir die insluiting van vaste voedsel ontoereikend is. Onderrig oor babavoeding / -voedingspraktyke (spesifiek borsvoeding en spening) word aanbeveel om chroniese wanvoeding en voedingsprobleme in hierdie gemeenskap te voorkom.