Main Article Content
Factors that influence household and individual clothing expenditure: A review of research and related literature
Abstract
navorsingsbevindings met dié van die mees onlangse opname oor huishoudelike uitgawes aan klerasie en skoeisel in Suid-Afrika vergelyk ten einde die toepaslikheid van die betrokke studie te verbreed.
Die vernaamste perspektiewe met betrekking tot die keuse van onafhanklike veranderlikes word gestel en die onafhanklike veranderlikes word sinvol gegroepeer in 'n verwysingsraamwerk van faktore wat aandag verdien wanneer kledinguitgawes bestudeer word. Die faktore
sluit die volgende in: inkomste, gesinsamestelling, -grootte en -lewensiklus, sosiale klas, bevolkingsgroep en woonplek. Die vernaamste perspektiewe oor spesifikasies met betrekking tot die onafhanklike veranderlikes word ook bespreek. Wat die oorsese navorsing betref, is daar
spesifieke patrone of neigings te bespeur in die
wyse waarop al die faktore, behalwe bevolkingsgroep, kledinguitgawes beïnvloed. Uit die Suid-Afrikaanse opname van huishoudelike uitgawes aan klerasie en
skoeisel blyk dit dat soortgelyke patrone te bespeur is, met dié uitsondering dat wat bevolkingsgroep betref, daar ook 'n spesifieke patroon na vore kom.
Dié navorsing kan van waarde wees vir v e r b r u i k e r s t u d i e - e n g e s i n s h u l p b r o n b e s t u u r s p e s i a l i s t e , klerevervaardigers en -kleinhandelaars asook
vir beleidmakers wat by die vasstelling van geskikte bedrae vir die onderhoud van kinders betrokke is.