Main Article Content
Sizing and fit research at grassroots level A methodology for the identification of unique body shapes in African developing countries
Abstract
Inleiding en literatuur agtergrond Vanuit die literatuur en vorige navorsing is dit duidelik dat vroulike verbruikers van menige Westerse lande vandag probleme ondervind met die passing
van koop-klaar-klere. Ontwikkelende lande in Afrika, soos byvoorbeeld Kenia, ondervind dieselfde probleme. Ongelukkig beskik hierdie lande nie oor die nuutste tegnologie, vaardighede en finansiële ondersteuning ten einde navorsing te kan uitvoer
wat gerig is op die oplos van grootte-en-pas-probleme
binne die kledingindustrie nie. Menslike liggaamsvorms
en proporsies verander mettertyd en verskil ook van kultuurgroep tot kultuurgroep, van land tot land en selfs van streek tot streek binne ‘n spesifieke land. Daar kan dus nie maar aangeneem word dat klere wat verbruikers van een land pas,
verbruikers van ‘n ander land of kultuurgroep gaan pas nie. Ten einde die probleem van grootte-en-pas te kan oplos, is dit dus belangrik dat daar van tyd tot tyd in alle lande antropometriese opnames gemaak word ten einde ‘n beeld te kry met betrekking
tot die groottes, proporsies en liggaamsvorms van die inwoners van die land. Sulke navorsing is nog nie voorheen in Kenia uitgevoer nie. Die vraag waarom dit dus in hierdie navorsing gegaan het is: Hoe lyk die Keniaanse vroulike verbruiker se unieke liggaamsvorm/s en hoe dra dit by tot die probleme
wat die vroulike verbruiker in Kenia tans ondervind met die passing van klere?
In menige ontwikkelde Westerse en Oosterse lande word grootte-en-pas-navorsing vandag met die hulp van sogenaamde liggaamskandeerders (“body scanners”) gedoen Liggaamskandeerders is weens ‘n gebrek aan finansies en tegniese vaardighede nie in Kenia beskikbaar nie, en gevolglik moes die navorsers hul wend tot alternatiewe tegnieke vir die
bepaling van liggaamsvorm. Twee tegnieke, wat ook voorheen op beperkte skaal gebruik is vir die bepaling van liggaamsvorm, is vir die doel van hierdie studie aangepas, naamlik die bepaling van liggaamsvorm deur middel van die gebruik van liggaamsmates, en deur visuele ontleding deur ‘n opgeleide
paneel sensoriese evalueerders. Hierdie artikel rapporteer dus oor die veldwerk-metodologie wat vir die doel van die navorsing ontwikkel en suksesvol toegepas is.
Metodologie
Die artikel rapporteer die metodologie wat beplan is, probleme wat in die veld ondervind is, asook hoe die probleme opgelos is ten einde geloofwaardige data te kon genereer en die doelwitte van die navorsing te kon bereik.
Steekproef Die studie was beperk tot twee geografiese gebiede in Kenia, naamlik die Westelike gebied (Eldoret en Kisumu) en die Hoogland gebied (Nairobi). Die eenheid van analise was hoërskool
onderwyseresse wat in stedelike gebiede woonagtig is en in die ouderdomsgroep 25 jaar tot 55 jaar val. ‘n Sistematiese ewekansige steekproef tegniek is gebruik en 301 onderwyseresse is identifiseer.
Soos wat dikwels die geval is met veldwerknavorsing
het die navorser menige probleme op grondvlak ondervind
en moes menige strategieë in werking gestel word ten einde deelnemers wat aanvanklik identifiseer is en gewillig was om deel te neem, te oorreed om wel aan die navorsing deel te neem. Dit was uiteindelik moontlik om die liggaamsmates van 123
deelnemers te neem, terwyl 89 deelnemers gewillig was dat daar foto’s van hulle in minimale kleredrag geneem kon word. Die steekproef was egter groot genoeg om statisties betroubare resultate te kon genereer.
Metodes Ten einde in staat te kon wees om wel die navorsing deur te voer, was dit nodig om liggaamsmates van deelnemers te neem, asook om hulle in minimale drag te fotografeer, wat dan die navorsers in staat sou stel om die unieke liggaamsvorm/
s van die Keniaanse vroulike verbruiker te identifiseer. Die neem van liggaammates het, onder meer, impliseer dat die navorsers kreatief moes dink met betrekking tot die nodige apparaat wat vir so ‘n oefening nodig is. ‘n Aangepaste antropometer is onder
meer ontwikkel, terwyl dit ook nodig was dat die navorsers onderrig moes word in die neem van antropometriese
mates. Die neem van voor-, sy-, en agteraansig digitale
foto’s het onder meer impliseer dat spesiale passende lyfkouse vir die neem van die foto’s konstrueer moes word, dat ‘n ateljee opgerig moes word en dat ‘n paneel opgelei moes word om die visuele evaluering te kon doen.
Data analise Beskrywende statistiek is gebruik vir
die analise van die mates terwyl ‘n opgeleide paneel kledingkundiges die visuele evaluering van die foto’s
gedoen het.
Evaluering, gevolgtrekkings en aanbevelings Ten spyte van probleme tydens die veldwerk, waarvan die kry van gewillige deelnemers waarskynlik die grootste was, kon die navorsing suksesvol deurgevoer word en betroubare data kon gegenereer
word om die doelwitte te bereik. Die navorsers het tot die gevolgtrekking gekom dat die twee tegnieke gesamentlik sinvol gebruik kan word om liggaamsvorm te bepaal. Die gebruik van die twee tegnieke behoort ‘n uitdaging te wees vir die toegewyde en kreatiewe navorser wat bereid is om grootte-en-pas navorsing sonder die hulp van moderne tegnologie
deur te voer.
(Article text in English)