Main Article Content
Methodological issues involved in conducting qualitative research on support for nurses directly involved with women who chose to terminate their pregnancy
Abstract
Die doel van hierdie artikel is om die metodologiese vraagstukke te beskryf rondom die uitvoer van kwalitatiewe navorsing waar verpleegkundiges se ervaring van hul direkte betrokkenheid by terminasie van swangerskap verken en beskryf is. Die artikel beklemtoon die sensitiwiteit en verantwoordelikheid wat navorsers aan die dag moet lê wanneer kwalitatiewe navorsing van hierdie aard uitgevoer word. Tydens die uitvoering van hierdie navorsing is verskeie metodologiese uitdagings geïdentifiseer. Vier van hierdie spesifieke uitdagings wat geïdentifiseer is, word in hierdie artikel aangespreek, naamlik: die vraagstuk van navorsing versus terapeutiese onderhoudvoering; voldoening aan spesifieke navorsingsetiek, aangesien die onderwerp 'n baie sensitiewe saak benader; disseminering van navorsingsresultate om dit toeganklik te maak vir alle verpleegkundiges, sowel as die breër gemeenskap; en die operasionalisering van die riglyne vir ondersteuning aan verpleegkundiges in die praktyk wat sodanige ondersteuning benodig.
Health SA Gesondheid Vol.6(4) 2003: 71-78