Main Article Content
Conceptualising a system for quality clinical decision-making in nursing: review
Abstract
Key Words: Clinical decision-making; Quality; Rational interaction; Standard and system
OPSOMMING
Gehalte kliniese besluitneming in verpleging word beskou as die essensie van gehalte verpleegsorg. Die doel van hierdie artikel is om ‘n sisteem vir gehalte besluitneming in verpleging te konseptualiseer. Die konseptualisering van ‘n sisteem vir gehalte kliniese besluitneming in verpleging is op die bestudering van die literatuur oor kliniese besluitneming gegrond. Beide gepubliseerde en ongepubliseerde verwysingsbronne is bestudeer. Twee dominante perspektiewe, ‘n positivistiese perspektief en ‘n postmodernistiese perspektief, met betrekking tot die proses van kliniese besluitneming is na aanleiding van die bestudering van die literatuur geïdentifiseer. Hierdie perspektiewe word onderskeidelik deur ‘n inligtingsverwerkingsbenadering en ‘n intuïtiewe benadering tot kliniese besluitneming in verpleging beliggaam. Die goeie hoedanighede en tekortkominge van beide benaderings is verken en ‘n derde teoretiese benadering het gevolglik tot stand gekom: die idee van ‘n dialektiese, geïntegreerde, interaktiewe benadering wat in die konseptualisering van ‘n sisteem vir gehalte besluitneming in verpleging kulmineer. Volgens ‘n sisteem vir gehalte besluitneming in verpleging, word kliniese besluitneming beskryf as ‘n stuksgewyse benadering (Tabak & Bar-Tal, 1996:1-2) en/of ‘n intuïtiewe benadering (Benner, 1984), wat op ‘n aanvullende wyse aangewend kan word, om gehalte besluitneming in verpleging te kan laat plaasvind. Standaarde vir gehalte besluitneming, in die vorm van ‘n voorbeeld, word as terugvoermeganisme voorgestel, ten einde die gehalte van kliniese besluitneming in verpleging te bevorder en te verbeter. Voorts, kapitaliseer ‘n sisteem vir gehalte besluitneming in verpleging op die herkoms van die verpleegproses. Deur die veranderinge en kompleksiteit wat met kliniese besluitneming gepaard gaan, akkommodeer dit resente kennis in verband met ontwikkelingsaktiwiteite in verpleging, soos die ontwikkeling van ‘n verpleegklassifikasiesisteem en die klassifikasie van uitkomste ten opsigte van die verpleegsensitiewe-pasiënt.
Health SA Gesondheid Vol.9(3) 2004: 66-81