Main Article Content
Dealing with cholera: exclusively the domain of environmental health practitioners?: review
Abstract
Key Words: Environmental health; Cholera; Educator roles; Health practitioners; Life orientation
Cholera het 'n diepgaande invloed op die gesondheid en algemene welsyn van gemeenskappe. Veral jong kinders is vatbaar vir die siekte, gevolglik rapporteer skole hoรซ syfers van afwesigheid gedurende epidemies. Daar bestaan die persepsie sowel as die bewyse daarvan dat voorligting van gemeenskappe in verband met cholera (voorkoming sowel as behandeling) die verantwoordelikheid van die Departement van Gesondheid se gesondheidsorgwerkers is. In hierdie artikel word daar aangevoer en gemotiveer dat opvoeders in 'n gunstige posisie verkeer om sulke inisiatiewe te ondersteun. Inderdaad, volgens die generiese rolle van die opvoeders soos uiteengesit in die Norme en Standaarde vir Opvoeders, is dit hulle verantwoordelikheid om aktief deel te neem in die ontwikkeling van die gemeenskappe waarin hulle werk, ter vervulling van hulle pastorale rol soos omskryf in bogenoemde dokument. Daarbenewens, maak die Hersiene Nasionale Kurrikulumverslag voorsiening vir die addressering van omgewingsgesondheidsake in die Lewensoriรซnterings leerarea. Hierdie artikel verken ook die huidige gesondheidsorginisiatiewe waardeur die trefwydte van cholera teengewerk kan word. Dit ondersoek voorts die potensiรซle rol van opvoeders om sulke inisiatiewe te ondersteun. Verwysing word ook gemaak na 'n onlangse studie in noordelike KwaZulu Natal waar 'n opname van die praktiserende opvoeders se vlak van kennis in verband met cholera onderneem is.
Health SA Gesondheid Vol.9(3) 2004: 55-65