Main Article Content
The prevalence of side-effects: ciprofloxacin 500 mg single dose prophylaxis against Neisseria meningitidis outbreak in Potchefstroom during July 2003: research
Abstract
Key Words: Neisseria meningitidis; Ciprofloxacin; Single dose; Side effects; Prophylactic
OPSOMMING
‘n Uitbraak van Neisseria meningitidis (N. meningitidis) gedurende Mei-Julie 2003 en die daaropvolgende verskaffing van massa-profilakse deur die Departement van Gesondheid, Noordwesprovinsie aan ongeveer 28% van die plaaslike gemeenskap het ‘n geleentheid geskep om waardevolle inligting in te win. Die doel van die studie was om die voorkoms van newe-effekte te ondersoek wat deur die personeel en studente van die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys ervaar is na toediening van ‘n enkel profilaktiese dosis van siprofloksasien 500 mg tussen 23-29 Julie 2003. Inligting wat hieruit voortspruit mag waardevol wees tydens toekomstige bestuur van uitbrake in ander gemeenskappe. Verskillende belanghebbendes het verslae, protokolle, aanbevelings en riglyne gepubliseer, wat meestal op die voorkoming, bestuur en beheer van meningokokkale siekte gefokus het. Daar is egter min gerapporteer oor die newe-effekte wat ondervind is veral waar siprofloksasien 500mg enkeldosis toegedien is. Een of meer newe-effekte is deur 24.2% van die deelnemers ervaar en 5.4% het dit nodig geag om ‘n gesondheidswerker te konsulteer in verband met die newe-effekte wat ervaar is. Geen prakties betekenisvolle verskille is aangedui indien die effeksgrootte bereken is vir die newe-effekte getoets tussen die enkeldosis versus die meervoudige dosis nie, selfs ook nie nadat die effek van geslag of konsultasie getoets is nie.
Health SA Gesondheid Vol.9(3) 2004: 42-54